Roof van links en regs
En van die sesde uur af het daar duisternis gekom oor die hele aarde tot die negende uur toe; en omtrent die negende uur het Jesus met ‘ n groot stem geroep en ges ê : Eli, Eli, lama sabagt á ni? Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat? En sommige van die wat daar staan, hoor dit en s ê : Hy roep El í a. Toe hardloop daar dadelik een van hulle en neem ‘ n spons en maak dit vol asyn, en sit dit op ‘ n riet en laat Hom drink. Maar die ander s ê : Wag, laat ons sien of El í a kom om Hom te verlos. Daarop het Jesus weer met ‘ n groot stem geroep en die gees gegee. En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur; en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. En n á sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn. En toe die hoofman oor honderd en die wat saam met hom ...