Die vyf brode van die vyfduisend
En toe sy dissipels na die oorkant gegaan het, het hulle vergeet om brode saam te neem. Daarop s ê Jesus vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Farise ë rs en Sadduse ë rs. En hulle het onder mekaar geredeneer en ges ê : Dit is omdat ons geen brode saamgeneem het nie. Maar Jesus het dit opgemerk en vir hulle ges ê : Wat redeneer julle onder mekaar, kleingelowiges, dat julle geen brode saamgeneem het nie? Begryp julle nog nie, en onthou julle nie die vyf brode van die vyf duisend, en hoeveel mandjiesvol julle opgetel het nie? Of die sewe brode van die vier duisend, en hoeveel mandjiesvol julle opgetel het nie? Hoe is dit dat julle nie begryp dat Ek nie in verband met brood vir julle ges ê het om op te pas vir die suurdeeg van die Farise ë rs en Sadduse ë rs nie? Toe het hulle begryp dat Hy nie ges ê het dat hulle moes oppas vir die suurdeeg van die brood nie, maar vir die leer van die Farise ë rs en Sadduse ë rs...